
=====================================================================
Afrikaanse reklame val van 'n Engelse perd (AV 5:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Afrikaanse reklame val van 'n Engelse perd

Leon Jacobs   pleit dat Afrikaanssprekendes op Afrikaanse reklame moet aandring, anders gaan die groot potensiaal nooit tot wasdom kom nie.

AFRIKAANS is sonder twyfel 'n reklametaal met 'n geweldige potensiaal. Die kragtige uitdrukkings en kruisbestuiwing van ryk streekdialekte 
maak dit vir die Afrikaanse kopieskrywer moontlik om adverteerders se produkte doeltreffend te adverteer. Wanneer Afrikaans oorspronklik 
aangewend word, glo ek, het dit nie sy gelyke as effektiewe kommunikasietaal in Suid-Afrika nie.

Die standpunt dat Afrikaans sy reklameboodskap uiters sekuur kan oordra, word nie net deur Afrikaanse reklamemense gehuldig nie. Me. Liz 
Sangion,   besturende direkteur van MDS.DD&M, 'n agentskap wat deur 'n swart konsortium besit word, het onlangs ges dat die mees 
effektiewe reklame in hierdie land in Afrikaans uitgevoer word, juis omdat dit doelgerig vir sy teikenmark geskep word. Die Afrikaanse 
kopieskrywer weet presies met wie hy praat, terwyl die Engelse kopieskrywer nie altyd seker is wie sy boodskap ontvang nie.

As mens dan nog in ag neem dat Afrikaanses die bevolkingsgroep met die sterkste koopkrag in Suid-Afrika is, moet mens glo dat Afrikaans as 
reklametaal 'n blink toekoms het. Ongelukkig is dit, soos sake nou in die reklamebedryf staan, nie die waarheid nie.

Suid-Afrika se reklame- en bemarkingsektor word hoofsaaklik deur Engelssprekendes gevul. Kom ons kyk presies hoe dit Afrikaans benadeel.

In reklame-agentskappe word die advertensies gekonseptualiseer en uitgevoer deur 'n span van twee lede. Een persoon in die span is die 
kopieskrywer, die ander is die kunshoof. Aan die hoof van 'n skeppende afdeling is die skeppende direkteur. Die oorgrote meerderheid van 
hierdie kundiges in die bedryf is Engelssprekend. Dit is dus vir hulle bykans onmoontlik om advertensies in Afrikaans te konseptualiseer, 
laat staan nog om dit uit te voer.

Kom ons veronderstel vir 'n oomblik dat die span, of ten minste een persoon in die span wel Afrikaans is, en 'n oorspronklike Afrikaanse 
advertensie vind sy weg na die bemarker om goedgekeur te word -- wat is dan die kans dat daardie bemarker ook Afrikaanssprekend is? Indien 
so 'n toeval plaasvind, sien mens Afrikaanse reklame van hoogstaande gehalte. Die waarheid is egter dat sulke toevallighede in minder as 1 
persent gevalle voorkom. Die res van die tyd konseptualiseer 'n Engelse span die veldtog, word dit aan 'n Engelse klint voorgel en 'n 
Engelse mediabeplanner gee aan die Engelse media voorkeur.

Indien die klint gunstig teenoor Afrikaans gestem is, sal een of twee verteenwoordigers van die Afrikaanse media deur die beplanner 
bygevoeg word, waarna die agentskap 'n Afrikaanse vryskut-kopieskrywer sal huur om die veldtog, of dele daarvan, in Afrikaans te vertaal.

Hierdie tendens het gemaak dat Afrikaans by uitstek ontwikkel het as 'n vertaalreklametaal. Met ander woorde, die taal word meer as dikwels 
aangewend met woordspelings en idiomatiese uitdrukkings wat gehamer en geskaaf word totdat die taal die Engelse konsep pas.

Dit gebeur terwyl die moderne tendens in wreldwye reklame is om nie van simpel woordspelings en idiomatiese uitdrukkings gebruik te maak 
nie. Sterk skeppende gedagtes, bondige raakvattaal en visuele beelde wat die oorspronklike konsep ondersteun, het treffende advertensies 
tot gevolg.

In Afrikaans se eie reklamefees, die jaarlikse Pendoring toekennings, is die tendens juis om advertensies en flitse te bekroon wat van 
woordspelings en idiome gebruik maak. Let ook op hoeveel van die finaliste van vanjaar se Pendorings advertensies geskep is vir die Klein 
Karoo Nasionale Kunstefees, terwyl advertensies vir produkte al hoe minder bekroon word.

Dit is 'n duidelike teken dat Afrikaans as reklametaal nie kerngesond is nie, terwyl dit soveel potensiaal het om te ontwikkel as 'n 
besonderse reklametaal. Die Afrikaanse kultuurskat bevat soveel onontdekte juwele wat nog nooit eens die lig gesien het nie.

Die oplossing l doodeenvoudig by die Afrikaanssprekende, die man, kind en vrou op straat. Hulle moet by bemarkers aandring deur te bel, te 
skryf, te faks of te e-pos dat in Afrikaans met hulle gepraat moet word -- nie verwater met Engelse reklamekonsepte as uitgangspunt nie.

Bemarkers skrik groot as een brief by hulle aankom wat kla. In vandag se hoogs mededingende mark kan geeneen dit waag om Afrikaanses se 
kultuur en koopkrag te minag nie. Hulle sal doodeenvoudig nie die pyp rook nie indien die wonderwerk sou gebeur en Afrikaanssprekendes 
begin op 'n sinvolle wyse druk toepas.

Verstaan mooi, ek s nie elkeen moet 'n perd opklim en van hom afval nie. Ek bedoel jy moet beskerm wat joune is, deur eenvoudig die 
vervaardiger van die handelsnaam van jou keuse daarop te wys dat jy reeds sy teenstander se produk begin gebruik het omdat laasgenoemde die 
moeite doen om in behoorlike Afrikaans met jou te praat.

Wanneer hierdie boodskap inslag vind, sal bemarkers gou druk op hulle reklame-agentskappe begin uitoefen om sterk en oorspronklike reklame 
vir die sterkste ekonomiese groep in die land te skep. Reklame-agentskappe sal gedwing word om meer Afrikaanses in die bedryf in te bring 
wat 'n duidelike effek op die Afrikaanse reklamebedryf sal h. Aan talent ontbreek dit nie, inteendeel. Met soveel Afrikaanse potensiaal 
beskikbaar, glo ek Afrikaans sal gou sy plek inneem as die reklametaal wat soos 'n vars bries deur internasionale reklamefeeste waai. Leon 
Jacobs   is kopiehoof van TBWA Hunt Lascaris in Johannesburg.

Terug na bo     Spotprent54

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av5420.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Oktober 1998 /// 'n Taalstroom waaruit almal kan drink (AV 5:4) /// 
'Maak Afrikaans 'n inklusiewe Afrika taal' (AV 5:4) /// 'Met 'n los lit kom jy nie ver nie' (AV 5:4) /// ns Afrikaans vir vandag (AV 5:4) 
/// Oor taalruimte en vennootskappe (AV 5:4) /// ONS LESERS SKRYF (AV 5:4) /// Boeklose Renaissance kan nie slaag nie (AV 5:4) /// Jy kan 
s SKS staan vir So Karoo Soos ... (AV 5:4) /// Afrikaans se veilige hawe elders (AV 5:4) /// Lag of huil oor di musiek? (AV 5:4) /// Di 
volksmusikus kom van ver af (AV 5:4) /// Goeie musiek kook al hoe kwaaier (AV 5:4) /// Die bedreiging kom van binne (AV 5:4) /// 
Intellektuele inhoud ontbreek (AV 5:4) /// Afrikaans het biegkamer nodig (AV 5:4) /// Herinneringe aan 'n Wes-Kaapse winter (AV 5:4) /// 
Nederlandistiek kongresse aan die Kaap (AV 5:4) /// Moet Afrikaans en Nederlands se paaie skei? (AV 5:4) /// Jongste ng raap Pendoring se 
'prestige' op (AV 5:4) /// Afrikaanse reklame val van 'n Engelse perd (AV 5:4) /// Die land van braaivleis, sonskyn en Chevrolet (AV 5:4) 
///

